Die verhale in hierdie omnibus is Die wingerd sal weer bot, Liefde is 'n kleur en Brug van woorde.
Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore en het op Worcester grootgeword. Van haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die UK voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel haar tyd tussen Botswana en die Boland.