"Parys . . . die stad wat ek bo alle ander liefhet" - het André Brink in sy outobiografie geskryf. Hierdie bundel bevat 'n keur uit sy destydse boeke oor Parys: Pot-Pourri en Parys-Parys: Retoer. Sy indrukke van verskillende aspekte van die lewe in Parys is sensitief, vol humor en met fyn waarnemingsin geskryf.