|
François Bloemhof is die enigste Afrikaanse skrywer wat omvattend vir volwassenes, tieners en jong lesers skryf. Hy woon in Durbanville en is 'n vryskut-taalpraktisyn asook kopieskrywer, resensent en joernalis. Hy het onder meer die eerste Afrikaanse e-boek en strokiesprentreeks die lig laat sien. François skryf ook vir die silwerdoek, verhoog, radio en tydskrifte. Hy het al toekennings vir sy werk in verskeie genres ontvang, insluitende die De Kat-prys vir sy debuutroman Die Nag Het Net Een Oog.
|